On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 22 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister gemeng verhandel vir die dag met die Julie-kontrakte wat hoër verhandel het terwyl die September-kontrak onder druk gekom het. 

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was laer as die vorige week se uitvoerinspeksies wat gerapporteer was. 

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R22/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 098/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R26/ton hoër verhandel om teen R3 240/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel nadat uitvoerverkope aan China gerapporteer is.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies wat gerapporteer was. 

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R112/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 980/ton te sluit.

 

Koring:

In Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het hoofsaaklik ondersteuning gevind om sterker te sluit vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies is ongeveer 10% meer as die vorige week se uitvoerinspeksies. 

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R79/ton sterker verhandel om die dag teen R5 059/ton af te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.