Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 24 Jun 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister gemeng verhandel met die naby maandkontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl die verder maandkontrakte onder druk gekom het.
Die nuwe seisoen se kontrakte het onder druk gekom as gevolg van beter as verwagte weerstoestande in die VSA.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R80/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 031/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R76/ton laer verhandel om teen R3 170/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
Private uitvoerders het ongeveer 330 000 ton se sojaboon uitvoerverkope aan die USDA gerapporteer. Dit is vir lewering aan China in die 2021/22 seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R26/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 025/ton te sluit.
Koring:
In Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die verwagte Russiese koringproduksie vir die seisoen is 2.7% opwaarts aangepas vanaf die vorige skatting.
Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R24/ton laer verhandel om die dag teen R5 095/ton af te sluit.
