On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 25 Jun 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: PIXABY - FERNANDO ZHIMINAICELA

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...

Ná afloop van die somerreënseisoen en ongeveer 50% van die Noord-Kaap wat steeds in erge droogtetoestande vasgevang is, moet nuwe planne gemaak word om die winter te oorleef met die vertroue dat die volgende somerreënbuie vroeg sal val en die natuur kan begin herstel. Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Jansen het verlede week 'n inligtingsvideo bekendgestel as deel van 'n groot poging om hulp te kan verleen aan gebiede wat onder erge droogte gebuk gaan. Hierdie video is bekendgestel as deel van Wêreld-woestynvormingsdag wat op 17 Junie gevier is.

Daar het die afgelope paar maande verdere inligting oor ivermektien se positiewe impak op die voorkoming en behandeling van Covid-19 aan die lig gekom. Dit is volgens Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum. Ivermektien staan in die landbougemeenskap bekend as 'n medikasiemiddel wat gebruik word vir die behandeling van verskeie soorte parasietbesmettings. Dit sluit onder meer in kopluise, jeuksiekte en rivierblindheid. Dit kan per mond geneem word of op die vel van die dier toegedien word vir uitwendige besmettings. Uys sê die organisasie se regspan het ’n formele PAIA-aansoek aan die Ministeriële Advieskomitee oor Covid-19 en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktereguleringsowerheid gestuur. Die doel van die aansoek is om die dokumente en ander inligting te bekom met betrekking tot die evaluering deur dié instellings van ivermektien vir die voorkoming en behandeling van Covid-19.

 EN

Agri SA het 'n beroep op die regering gedoen om die landboubedryf se pleidooi te oorweeg en voorkeur aan hulle te gee om inentings te ontvang. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê sover het gesondheidswerkers, persone bo die ouderdom van 60, en meer onlangs onderwyspersoneel, voorkeur vir inentings gekry, terwyl noodsaaklike werkers soos dié in die landbousektor nog nie in ag geneem is vir die inentingsprogram nie. Van der Rheede sê die organisasie is bekommerd dat, indien daar nie voorkeur gegee word aan noodsaaklike werkers soos boere en plaaswerkers deur die regering nie, dit ’n nadelige uitwerking kan hê op die uitsonderlike bydrae van die sektor in terme van werkskepping, buitelandse valuta-verdienste en voedselsekerheid vir die land as geheel. Agri SA se pleidooi volg nadat OFM-nuus vroeër berig het dat die boerderygemeenskap van Marquard in die Vrystaat die verlies van Chris en Corrie Trytsman, ‘n pa en sy seun wat jare lank naby Marquard geboer het, betreur. Die oudste broer en ook ‘n boer, Lewies Trytsman, het aan OFM-nuus vertel dat sy broer en pa albei weens Covid-19 oorlede is kort nadat hulle positief getoets het.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.