Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 28 Jun 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
Die druk op die Amerikaanse mark kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die uitspraak van die Amerikaanse Hooggeregshof wat gesien is as negatief vir biobrandstofverbruik.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R72/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 038/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R59/ton hoër verhandel om teen R3 178/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het ook Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die uitspraak van die Amerikaanse Hooggeregshof het ook 'n negatiewe sentiment in die sojaboonmark gelaat.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R72/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 065/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel.
Die winterkoring markte het onder druk gekom, terwyl die lentekoringmark ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R15/ton laer verhandel om die dag teen R5 115/ton af te sluit.
OFM-nuus
