On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   08:02 Wed, 30 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
PHOTO: PhotoXpress

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 64% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 64% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is laer as die vorige week se 65% en die vorige jaar se 73% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R94/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 088/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R91/ton hoër verhandel om teen R3 220/ton te sluit.


Sojabone

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 60% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 60% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week, maar laer as die vorige jaar se 71% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R31/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 087/ton te sluit.


Koring

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 48% van die Amerikaanse winterkoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 48% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se 49%, en swakker as die vorige jaar se 52% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R7/ton hoër verhandel om teen R5 165/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.