Agri Hour
Veilings tydelik gestaak, hier is verlede week se pryse─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 01 Jul 2021
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Sien onderstaande PODCAST
President Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat alle lewendehawe veilings onmiddellik gestaak moet word tot 11 Julie, waarna hierdie datum weer hersien sal word.
Die volgende pryse is verlede week s’n aangesien daar nie hierdie week ‘n veiling was nie.
Derksen sê speenkalwers het op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,07 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,88 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,42 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste R28,30 per kg
B-klas beeste R25,17 per kg
C-klas vet koeie R23,61 per kg
Maer koeie Wissel tussen R18,00 en R21,00 per kg
Slagbulle R24,51 per kg
Skape
Stoorlammers R52,50 per kg
Slaglammers R43,56 per kg
Stoorskape R34,25 per kg
Vetskape R32,77 per kg
Bokke
Lammers R56,98 per kg
Ooie R39,38 per kg
Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.
OFM-nuus
