On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Jong beesboer praat oor uitdagings en haar passie vir die Sussex-ras

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 01 Jul 2021

Jong beesboer praat oor uitdagings en haar passie vir die Sussex-ras | News Article
FOTO: VERSKAF

Veiligheid op landelike gebiede, erge weerstoestande en die ekonomie is van die uitdagings wat Suid-Afrikaanse boere in die gesig staar.

Annalea van Niekerk, ‘n 26-jarige beesboer uit die Reitz-omgewing in die Vrystaat, sê veral veiligheid is ‘n groot bekommernis in boerderygemeenskappe. 

Sien onderstaande PODCAST

Van Niekerk eggo talle Suid-Afrikaanse besighede en inwoners se gevoel dat die Covid-19-pandemie een van die mees uitdagende tydperke is. Hoewel die landboubedryf die groenlig gekry het om te funksioneer gedurende alle inperkingsvlakke, sê Van Niekerk is dit belangrik dat boere na hulle werkers en hul gesinne se gesondheid moet omsien, omdat die land van hulle afhanklik is.

Verder bly veiligheid in landelike gebiede ‘n groot uitdaging.

“So 'n paar maande terug, het hier iemand in die nag in ons huis ingebreek terwyl [ek en my gesin] geslaap het, en ons het wakker geword met die persoon in ons huis. Ons kon alarm maak en die persoon kon vlug. Maar jy sit met daai trauma.

“Ek weet van mense wat in plaasaanvalle was en wat aangerand is… al die goed gaan deur jou kop -  jy moet daai spanning verwerk. En jy het nog die stres van die ekonomie, van weerstoestande, vleis- en mieliepryse wat verander,” sê Van Niekerk.

Haar verklaring oor die stand van veiligheid in die Vrystaatse boerderygemeenskappe volg nadat Vrystaat Landbou (VL) in Maart vanjaar die provinsie se statistieke vir plaasaanvalle en -moorde vrygestel het. Hierdie statistieke het nie ‘n positiewe prentjie geskep nie.

Die provinsie het 'n toename van 53.85% in plaasaanvalle aangeteken - die meeste van al die provinsies in die onlangse derde kwartaal se misdaadstatistieke van 2020/21.

Dr. Jane Buys, Vrystaat Landbou se Veiligheidsrisiko-analis, sê die Vrystaat het ‘n toename van 14.1% in moord-insidente, en 39.2% in poging-tot-moord-insidente gedurende dieselfde tydperk gehad.

Die syfers vir moord en poging tot moord is die hoogste in vyf jaar.

Buys voeg verder by dat die organisasie die toename beskou as 'n bewys dat die regering nie die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) na behore toerus en beman om misdaad effektief te bestry nie.

Sy deel ook dat hoë misdaadgebiede ten opsigte van plaasaanvalle of -moorde, kleinhoewes in Bloemfontein, Clocolan, Hennenman, Mafube, Odendaalsrus, Viljoenskroon en Virginia insluit. Buys voeg by dat alhoewel die syfers vir gewapende roof met 12.5% gedaal het, het huis- en sakeroof met onderskeidelik 2.7% en 6.8% toegeneem.

Sy sê hierdie syfers van ernstige geweldsmisdaad het 'n direkte impak op alle gemeenskappe, insluitend boerderygemeenskappe.


LEES: Young FS farmer featured on new farming show


Intussen het Van Niekerk haar passie vir boerdery op ‘n jong ouderdom ontdek en het reeds voor die ouderdom van 20-jaar met die  Sussex-beesras begin boer.

“Ek boer met die Sussex-ras. Dit is ‘n donkerrooi ras met ‘n wit kwas stert. Ek dink wat ek dadelik van die ras van gehou het is die kleur… Ek is mal daaroor as jy aangery kom en jy sien ‘n trop beeste en almal lyk dieselfde – as een pakkie. Ek het ook gehou van hulle goeie moedereienskappe en dis ‘n fantastiese ras om mee te werk,” deel sy.

Van Niekerk besit ook ‘n kommersiële kudde en gebruik haar Sussex-bulle vir kruisteling op ander rasse se koeie.

Dié beesboer meen besigheid.

Van Niekerk was in Maart vanjaar deel van ‘n splinternuwe landbouprogram genaamd ‘For the love of the land’, en was ook die enigste vroulike finalis in Vrystaat Landbou (VL) se 25ste Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Sy is nie net passievol oor die Sussex-beesras nie, maar ook oor haar gemeenskap, georganiseerde landbou, en dan natuurlik haar werkers.

“Dit is fantasties vir my om te sien hoe hulle ook kan trots wees in dit wat die boerdery bereik… en dis vir my fantasties om te weet dat hulle ook deel is van [die boerdery se sukses].”



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.