Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 02 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark vind goeie ondersteuning en verhandel sterker.
Die nuutste verslag rakende die Amerikaanse aanplantings en voorrade het ondersteuning aan die Amerikaanse mark gebied.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R204/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 273/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R210/ton hoër verhandel om teen R3 409/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark vind ook goeie ondersteuning en verhandel sterker.
Die verwagting in die Amerikaanse mark was dat die sojaboon-aanplantings vir die seisoen meer sou wees as wat in die nuutste USDA-verslag gerapporteer is.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R235/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 335/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark vind ook ondersteuning en dit kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel-effek vanaf ander kommoditeite.
In die Oekraïne is die verwagting tans dat daar 'n rekord koringoes sal realiseer hierdie seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R3/ton hoër verhandel om die dag teen R5 120/ton af te sluit.
OFM-nuus
