Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 05 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die verwagting is dat die koue toestande wat tans in Brasilië heers, 'n negatiewe impak op die seisoen se mielieproduksie sal hê.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R31/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 304/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R38/ton hoër verhandel om teen R3 453/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die Amerikaanse sojaboon-uitvoer was vir die eerste helfte van die seisoen aansienlik hoër as die vorige seisoen se uitvoer weens die groot invoervraag in China.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R103/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 523/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel, maar het hoofsaaklik laer gesluit vir die dag.
In die Oekraïne is die verwagting tans dat die seisoen se koringproduksie 14.5% meer sal wees as die vorige seisoen se produksie en 'n nuwe rekordvlak sal bereik.
Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R30/ton hoër verhandel om die dag teen R5 150/ton af te sluit.
OFM-nuus
