Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 06 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die verwagting is dat die mielieproduksie in die Oekraïne gedurende die 2021/22 seisoen 'n nuwe rekord sal bereik.
Die verwagting is dat China se mielie-invoere vir die seisoen sterk behoort te bly omdat hulle weer besig is om voorraad op te bou.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R84/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 220/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R78/ton laer verhandel om teen R3 375/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboon aanplantings vir die seisoen is min of meer in lyn met die voornemens om te plant, wat in Maart bekend gemaak is.
Die Amerikaanse sojaboon-opbrengs vir die seisoen sal bogemiddeld moet wees om aan die vraag na sojabone te voldoen, veral in die lig van die lae voorraad wat tans beskikbaar is in die VSA.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R123/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 400/ton te sluit.
Koring:
In Frankryk word gerapporteer dat 79% van die koring in 'n goeie tot uitstekende toestand is.
Die verwagting is dat die Oekraïne se koring-uitvoer vir die seisoen goeie vlakke sal bereik, gegewe die groot, verwagte produksie.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021,R8/ton laer verhandel om die dag teen R5 142/ton af te sluit.
OFM-nuus
