Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 09 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
In Brasilië is die produksieverwagtinge vir die seisoen 'n verdere 3.1% afwaarts aangepas vanaf die vorige skatting. Die totale produksie vir die seisoen word 9% laer as die vorige seisoen se produksie geskat.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R20/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 093/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R21/ton laer verhandel om teen R3 237/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het marginaal hoër gesluit vir die dag.
Private uitvoerders het gister 122 000 ton se sojaboonmeel uitvoerverkope aan die USDA gerapporteer. Dit is vir lewering aan Mexiko.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R30/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 230/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander ondersteuning gevind het.
Die Amerikaanse harde rooi winterkoringmark het ondersteuning gevind, terwyl beide die sagte rooi winterkoring asook die lentekoring onder druk gekom het.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021,R33/ton hoër verhandel om die dag teen R5 130/ton af te sluit.
OFM-nuus
