Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 12 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die weeklikse mielie uitvoerverskepings was 16% laer as die vorige week se verskepings.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R32/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 059/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R58/ton laer verhandel om teen R3 180/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het marginaal hoër gesluit vir die dag.
Die weeklikse sojaboon-uitvoerverskepings was 8% hoër as die vorige week se verskepings.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R11/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 235/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander ondersteuning gevind het.
Die weeklikse Amerikaanse koring-uitvoerverkope was reg in die middel van die algemene handelsverwagtinge.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onveranderd gesluit vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 teen R5 130/ton gesluit.
OFM-nuus
