On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 13 Jul 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die nuutste wêreldvraag en -aanbod (WASDE) verslag wat deur die USDA bekend gemaak is, was ondersteunend tot die pryse aangesien die beskikbare voorraad afwaarts aangepas is.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R33/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 088/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R32/ton hoër verhandel om teen R3 211/ton te sluit.


Sojabone

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind het sterker verhandel vir die dag om ongeveer 2% hoër af te sluit.  

Die nuutste WASDE-verslag het aangetoon dat die Amerikaanse sojaboonvoorraad aan die einde van die 2020/21-seisoen teen baie lae vlakke behoort te wees.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R153/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 400/ton te sluit.


Koring

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel en het sterker verhandel vir die dag.

Die nuutste WASDE-verslag het laer opbrengste en produksie in die VSA gerapporteer wat ondersteunend was tot die pryse.  

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R3/ton hoër verhandel vir die dag om teen R4 956/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.