Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 14 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die nuutste weeklikse produksie-vorderingsverslag, is 65% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 65% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 1% beter as die vorige week se skatting, maar laer as die vorige jaar se 71% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R33/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 123/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R44/ton hoër verhandel om teen R3 255/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste weeklikse produksie-vorderingsverslag is 59% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 59% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week, maar laer as die vorige jaar se 68% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R100/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 500/ton te sluit.
Koring:
Volgens die nuutste weeklikse produksie-vorderingsverslag is 16% van die Amerikaanse lentekoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 16% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting, maar aansienlik swakker as die vorige jaar se 68% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R25/ton hoër verhandel om teen R4 988/ton te sluit.
OFM-nuus
