On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 15 Jul 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark is vasgevang tussen lae grondvogtoestande en verwagte reënval in van die groot produserende areas.

Die hoër Chinese invoer van mielies hou die Amerikaanse mark redelik sterk.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R70/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 192/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R72/ton hoër verhandel om teen R3 328/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark verhandel steeds sterker met die lae voorraad wat in die VSA beskikbaar is.

Die verwerking van sojabone in die VSA is laer as gevolg van die beperkte voorraad.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R88/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 580/ton te sluit.


Koring:

In Rusland is die stroopproses van koring aan die gang, maar word tans belemmer deur ongunstige weerstoestande wat lei tot kwaliteitsprobleme.

China het hierdie seisoen groter oppervlakte koring aangeplant en die produksieomstandighede lyk tans goed.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R21/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 010/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.