On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

VS-boer praat oor veldbrande nadat 95% van sy veld verwoes is

───   05:00 Thu, 15 Jul 2021

VS-boer praat oor veldbrande nadat 95% van sy veld verwoes is | News Article
Schalk van der Merwe/Fotograaf: Kekeletso Mosebetsi

Schalk van der Merwe van die plaas Sanniesrust in die Vrystaat, is net een van die boere wat deur die onlangse veldbrande geraak is.

Sien onderstaande PODCAST

“Dit was gisteraand (Maandag), die vuur het baie vinnig gekom uit die suid-westelike rigting. Ons het verneem dat die vuur van tussen Petrusburg en Koffiefontein af kom en ons het nie besef hy gaan so vinnig hier by ons uitkom nie,” sê Van der Merwe.

Hy deel dat hy 95% van sy veld verloor het en gaan omtrent tussen 100 en 150 skaap (Döhne-merino-ooie) weens die brande verloor. Toe Van der Merwe Dinsdag met OFM-nuus gesels het, het hy gesê dat sommige van die vee nog lewe, maar dat hulle noodgedwonge van kant af gemaak moet word.

Van der Merwe voeg by dat hy ook geen voer vir sy vee het nie. “Enige veevoer is baie, baie nodig".

Van die 1 000 hektaar veld het sowat 950 hektaar afgebrand, deel hy.

"Ons plaaslike brandvereniging het baie gehelp, maar die vuur was net doodeenvoudig net te vinnig en te groot. Hulle kon nie al die plekke doen nie en hy (vlamme) was te vinnig. Hulle kon nie baie doen om hom te keer nie, maar hulle was behulpsaam en hulle het gespuit met bakkies, maar die vuur was net te vinnig en groot en die area was te groot," antwoord Van der Merwe op ‘n vraag oor plaaslike hulp.

Verder hoop en vetrou hy dat beide plaaslike LURe vir landbou en samewerkende regering, wat hom Dinsdag op sy plaas besoek het, hom sal help om sy nood te kan verlig.



OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.