On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 16 Jul 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het weer onder druk gekom nadat dit 'n twee-week hoogtepunt bereik het.

Die mark het onder druk gekom as gevolg van winsneming, alhoewel dit beperk was weens die onsekerhede in terme van weerstoestande vir die volgende twee weke.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R6/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 203/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R6/ton hoër verhandel om teen R3 334/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark verhandel steeds sterker en word ondersteun deur die verwagting van warm en droë weerstoestande.

Die verdere maand kontrakte het onder druk gekom met die verwagting dat Brasilië meer sojabone sal aanplant vir die komende seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R32/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 560/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark is onder druk weens die groter as verwagte wêreld-koringproduksie vir die seisoen.

In Argentinië is die weerstoestande vir koringproduksie tans gunstig.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R39/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 270/ton te sluit.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.