On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 19 Jul 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

In Frankryk word gerapporteer dat 89% van die land se aangeplante mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand is.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal byna onveranderd tot laer verhandel vir die dag. 

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R4/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 211/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R1/ton hoër verhandel om teen R3 342/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag aanvanklik onder druk gekom, maar het aan die einde van die sessie weer ondersteuning gevind om sterker te verhandel vir die dag.

Die warm en droë toestande, tesame met die lae voorraad in die VSA hou die pryse sterker. Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R24/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 584/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 3.5% sterker verhandel vir die dag. 

Die verwagting is dat die huidige weerstoestande in die VSA negatief sal wees vir die produksieverwagtinge. 

Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander onder druk gekom het. 

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R9/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 000/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.