On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Meer as 4 200 #veldbrande in VS in Junie aangeteken

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 20 Jul 2021

Meer as 4 200 #veldbrande in VS in Junie aangeteken | News Article
FOTO: VRYSTAAT LANDBOU

Die veldbrand verslag vir Junie 2021 in die Vrystaat toon dat daar in daardie maand alleen meer as 4 200 brande aangeteken is.

Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging sê nie al hierdie brande kan positief geïdentifiseer word as 'n veldbrandvoorval nie, want die onderskeid tussen beheerde en onbeheerde brande is nie in hierdie verslag aangeteken nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê die brande wat in Junie-maand voorgekom het, het meer as 53 600 hektaar geraak. Maar, hierdie getal is baie hoër in Mei-maand as wat dit verlede jaar dieselfde tyd was.


Distrik
Totale potensiële brandvoorvalle
Totale hektaar
2021
Totale hektaar
2020
Totale hektaar
2019
Fezile Dabi
707
6119.10
8219.15
1853.13
Lejweleputswa
305
8155.40
10927.57
462.07
Mangaung Metro

843
13204.98
7178.97
2.60
Thabo Mofutsanyana

2141
18815.89
33084.83
1667.05
Xhariep
205
5652.42
2791.68
614.96
Totaal
4287
53672.15
62204.20
4599.82


Weens veldbrande wat verlede week in die provinsie plaasgevind het, word daar verwag dat die Xhariep-distrik se statistieke ‘n styging sal toon, sê Breytenbach.

Die Thaba ‘Nchu-omgewing was reeds vanaf die tweede week in Julie deur veldbrande geteister. Breytenbach sê dis veral die opkomende boere in dié omgewing wat negatief deur die veldbrande geraak is.

Data oor hoeveel hektaar verlede week in die Vrystaat deur veldbrande verwoes is, is nog nie bekend nie.

Daarmee saam het Vrystaat Landbou (VL) bekend gemaak dat volgens voorlopige data het sowat 67 000 hektaar veld afgebrand. Die organisasie het ook bygevoeg dat die beraamde strukturele skadevergoeding weens brande R2,7 miljoen beloop.

VL het hierdie data ontvang nadat 'n aanlyn-opname gedoen is onder boere wat deur die brande geraak is. Met dit gesê, het 2 017 beeste, 1 953 skape en 415 stuks wild weens die brande gesterf.

Boere se onmiddellike behoeftes sluit in veeartsenykundige voorrade, watervoorsiening, voer en voeraanvullings vir die oorlewende diere, totdat hulle alternatiewe planne kan maak om die winter uit te sien en totdat die weiding hergroei het.

Indien enigiemand belangstel om skenkings te maak kan hulle VL kontak vir kontakbesonderhede van die boerevereniging se verteenwoordigers en voerkoördineerders by verskillende strategiese aflaaipunte.

Besoek VL se webwerf vir meer inligting.

Alternatiewelik kan finansiële bydraes gemaak word aan Vrystaat Landbou, ABSA, rekening nr: 470940670, tak: 632005, met verwysing “FIRES” + selnommer.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.