On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 20 Jul 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 65% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 65% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting, maar laer as die vorige jaar se 69% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R50/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 261/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R49/ton hoër verhandel om teen R3 391/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 60% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 59% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 1% beter as die vorige week, maar laer as die vorige jaar se 69% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R116/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 700/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 11% van die Amerikaanse lentekoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 11% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se 16%, en aansienlik swakker as die vorige jaar se 68% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R4/ton hoër verhandel om teen R5 004/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.