On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

VIDEO | 21-jarige hoenderboer maak sy droom ‘n realiteit, een kuiken op ‘n slag

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 21 Jul 2021

VIDEO | 21-jarige hoenderboer maak sy droom ‘n realiteit, een kuiken op ‘n slag  | News Article
FOTO: LANCE JACQUIRE

Geduld en moed hou is die advies wat Lance Jacquire, ‘n hoenderboer van Oppermansgronde in die Vrystaat, vir voornemende jongboere het.

Dié 21-jarige, wat kuikens broei en aan ander boere in sy gemeenskap verkoop, sê sy visie is om eendag ‘n groot genoeg boerdery te hê om werk in sy gemeenskap te skep. 

Sien onderstaande PODCAST

Jacquire se familie het voorheen met skape geboer, maar omdat hy in ‘n rolstoel is, was sy beweging op die plaas beperk. Só het die idee ontstaan om met hoenders te begin boer.

‘n Hok, wat sowat 30 hoenders huisves, is agter in hulle erf gebou waar die hoenders aangehou word. Omdat die huise so na aan mekaar in die gemeenskap is, sê Jacquire kan hy vir eers nie meer as dié aantal hoenders aanhou nie.

Sy daaglikse roetine sluit in om eiers uit die hokke te haal en hulle in die broeikas te sit. Hierdie broeikas kan sowat 200 eiers op 'n slag vat maar Jacquire vul dit weekliks met net 40 eiers.

Hierdie eiers word dan vyfkeer per dag gedraai.

Die vogmeter moet soggens en smiddae 65 wees. Jacquire voeg by dat gedurende somer hoef die vogmeter nie so hoog te wees nie, maar dat die tempratuur 37.7 grade Celsius moet wees.

Ná vyf dae gebruik hy ‘n selfoonlig, “dan lig jy dit aan die onderkant van die eier en kan jy basies deur die dop sien – die embrio… en die are...”

Jacquire sê hierdie lig help om te identifiseer of daar ‘n embrio binne die eier ontwikkel het of nie.


Kuikens word vir sowat ‘n maand groot gemaak voordat hulle verkoop word. Een kuiken kos R26,00 en meeste van Jacquire se kliënte is gemeenskapslede wat reeds hulle eie plase in die omgewing het.

Oppermansgronde is bekend as ‘n klein boerderygemeenskap naby Koffiefontein in die Vrystaat.

Hierdie gemeenskap is in April vanjaar deur die Vrystaatse LUR vir Landbou, William Bulwane, besoek nadat hulle 'n klag by sy departement ingedien het oor die Oppermansgronde-grondeiseskikking.

LEES: FS Agriculture MEC hears concerns regarding Oppermansgronde land claims settlement

Die LUR is vergesel deur Abram Lebaka, burgemeester van die Letsemeng Plaaslike Munisipaliteit, in 'n poging om te bemiddel en kommer oor die grond te hoor.

Bulwane het gedurende sy besoek voorgestel dat die begunstigdes bymekaar moet kom, onderhandel en maniere moet vind oor hoe hulle die grond wat hulle gekry het, kan benut vir die verbetering van hul gemeenskap. Hy het bygevoeg dat, omdat werkloosheid 'n probleem in landelike gemeenskappe is, die 44 000 hektaar grond 'n reddende genade vir baie mense in en rondom Oppermansgronde kan wees.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.