On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 21 Jul 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 3% hoër gesluit vir die dag.

Die ondersteuning aan die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die seisoenale droeër en warmer toestande wat tans in die VSA heers. 

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit én geelmielies wat tans gelys is.  

Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R10/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 302/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R5/ton laer verhandel om teen R3 454/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1% hoër verhandel vir die dag.

China het gedurende Junie ongeveer 14% meer sojabone as gedurende Mei van Brasilië aangekoop vir invoerdoeleindes. 

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R35/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 741/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander onder druk gekom het.  

Die Amerikaanse winterkoring stroopproses vir die seisoen vorder goed met 73% van die koring wat reeds gestroop is.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. 

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R28/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 031/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.