On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 22 Jul 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister gemeng verhandel en het ook gemeng gesluit vir die dag met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander ondersteuning gevind het.

Die Amerikaanse etanolproduksie is vir die tweede agtereenvolgende dag laer as die vorige week se etanolproduksie. 

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.  

Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R45/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 348/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R51/ton hoër verhandel om teen R3 501/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het hoofsaaklik laer gesluit vir die dag.

Die verwagting is dat Brasilië se sojaboon-oppervlakte vir die 2021/22-seisoen ongeveer 6.7% sal toeneem vanaf die 2020/21-seisoen se oppervlakte.  

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R21/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 779/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel met die lentekoringmark wat onder druk gekom het, terwyl die winterkoringmark ondersteuning gevind het.

Die winterkoringmark het ondersteuning gevind as gevolg van bekommernisse rakende produksie in die EU en gedeeltes van die Swartsee-streek. 

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. 

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R15/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 049/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.