Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 27 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister aanvanklik onder druk gekom, maar het later weer ondersteuning gevind om sterker te verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan gunstige uitvoerverkope wat die USDA gerapporteer het.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R33/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 259/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R38/ton laer verhandel om teen R3 412/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister aanvanklik onder druk gekom, maar het nader aan die einde van die sessie sterker verhandel om hoër te sluit.
Die ondersteuning aan die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel-effek vanaf die palm oliemark.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R7/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 690/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die druk op die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan die vordering met die stroopproses in die Swartsee-lande.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R20/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 058/ton te sluit.
OFM-nuus
