Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 28 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 64% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 64% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is laer as die vorige week se skatting van 65% en laer as die vorige jaar se 72% is wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R101/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 350/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R92/ton hoër verhandel om teen R3 500/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 58% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 58% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is 2% swakker as die vorige week en swakker as die vorige jaar se 72% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R185/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 875/ton te sluit.
Koring:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 9% van die Amerikaanse lentekoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 9% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se 11%, en aansienlik swakker as die vorige jaar se 70% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R30/ton hoër verhandel om teen R5 090/ton te sluit.
OFM-nuus
