Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 29 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die koue skade wat in die Brasiliaanse produksie gerapporteer is.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2021R75/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 268/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R75/ton laer verhandel om teen R3 420/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister meestal sywaarts verhandel en het nie groot prysbewegings vir die dag getoon nie.
Die nuwe inligting in die internasionale sojaboonmark is maar redelik beperk en dus het die pryse nie groot bewegings getoon nie.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R117/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 745/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir de dag.
Die produksietoestande van veral die Amerikaanse lentekoring lyk tans nie goed nie en dit bied ondersteuning aan die Amerikaanse pryse.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R12/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 097/ton te sluit.
OFM-nuus
