Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 30 Jul 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die koue toestande in Argentinië, tesame met 'n gunstige weeklikse uitvoerverslag vanaf die USDA, het die Amerikaanse mark ondersteun.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R12/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 257/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R16/ton laer verhandel om teen R3 407/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse uitvoerverkope verslag wat die USDA bekend gemaak het, was positief en het ondersteuning aan die pryse gebied.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R40/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 785/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die laer as verwagte globale koringproduksie, tesame met goeie vraag na invoer in China en Meksiko, het ondersteuning aan die mark gebied.
Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R4/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 100/ton te sluit.
OFM-nuus
