Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 30 Jul 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...

Weerstand teen onkruiddoders hou verskeie nadele vir gewasboere en die omgewing in. Elriza Theron, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van Croplife SA, sê boere se geldsake word ook op die lang termyn hierdeur geraak. Theron vergelyk weerstand teen onkruiddoders met die konsep van wanneer mense weerstand teen antibiotika ontwikkel. Sy maan daarom gewasprodusente om voorskrifte te lees en daarby te hou en die etikette van gewasbeskermingsprodukte te volg aangesien dit belangrike inligting soos veiligheidsmaatreëls bevat. Theron voeg verder by dat weerstand ‘n natuurlike proses is wat wel bestuur kan word. Sy sê wanneer weerstand plaasvind, is daar gewoonlik ‘n klein aantal onkruid in ‘n populasie wat natuurlik bestand is teen sekere onkruiddoders.

Arsonists burnt down a Rainbow chicken processing plant and several trucks during the riots in KwaZulu-Natal two weeks ago. Farmer's Weekly reports looters also stormed 10 farms and stole about two million birds. This was according to Izaak Breytenbach, general manager of the Broiler Organisation of the South African Poultry Association (SAPA). The poultry industry is concerned about the impact that riots and looting will have on the spread of avian influenza, which is also known as bird flu, due to a break in biosecurity measures on numerous farms. Breytenbach added that the industry was also concerned about the high incidence of avian influenza amongst wild birds. Despite numbers of reported incidences declining, farmers were urged to be on alert and to report any signs of avian influenza to their nearest State Veterinarian for immediate investigation. OFM News reported in June that bird flu was identified on three farms in the Free State. The farms were located in Villiers, Parys and Wesselsbron. State Veterinarian in Frankfort, Dr Patricia Froneman, previously stated that awareness is crucial.

Hoewel die hoogtepunt van die winter na verwagting in die derde week van Julie bereik is, is dit nog nie die einde van sterk koue fronte en baie koue toestande nie. Landbou.com sê terwyl die weerkantoor waarsku dat die kouefront wat vandag oor die Wes-Kaap gaan beweeg en reën na die winterreënstreek gaan bring sowel as stormsterk winde oor dele van die provinsie kan veroorsaak, dui weermodelle op langer termyn daarop dat sterk frontale stelsels wat skerp temperatuurdalings – soos verlede week ervaar is – weer in Augustus verwag kan word. Die twee stelsels sal die sentrale, suidelike en suidoostelike binneland na verwagting van 5 tot 11 Augustus en weer van 20 tot 25 Augustus raak. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê daar kan in dié tydperke koue- of rypskade voorkom aan vroeë koringaanplantings in die Vrystaat en Noord-Kaap, terwyl druiwe in die Noord-Kaap en vrugtebome in veral die Langkloof en ander gebiede in die suidoostelike binneland skade kan opdoen. Daar is ook ’n kans op temperatuurdalings in die tweede en derde week van September, maar dit is onseker hoe intens dit gaan wees.

EN           

On 12 to 13 July this year, more than 104 200 hectares of farmland was burned to the ground. Dr Jack Armour, Free State Agriculture commercial manager, says in a statement these fires represent the single biggest fire event recorded in the Free State province. He says official figures released on 22 by the Free State Umbrella Fire Protection Association indicate that grazing land, livestock and game farms were devastated. The report indicates that 396 farms portions were burned in total, 35 of which burned 100%, 134 burned 90%, and 216 farms burned more than 50% of their surface area. Meanwhile, the Northern Cape Department of Agriculture once again pleads with farmers and land users to be cognizant of veld fires during this time of the year. The departmental spokesperson, Zandisile Luphahla, tells OFM News that the arid nature of the vegetation during this time of the year might increase the magnitude of veld fires, therefore livestock should be protected as best as possible. To avert the situation, MEC Mase Manopole, asks farm owners to make fire breaks around their properties and take any further precautions applicable.



OFM-nuus

@ 2021 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal