On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 10 Aug 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies verslae was swakker as wat aanvanklik verwag was en het die mark onder druk geplaas.

Die plaaslike markte was gister gesluit weens die openbare vakansiedag, maar het Vrydag hoofsaaklik ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R70/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 275/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R59/ton hoër verhandel om teen R3 420/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister gemeng verhandel vir die dag en het nie groot prysbewegings getoon nie.

Groot uitvoerverkope, wat deur private uitvoerders aan die USDA gerapporteer is, het die pryse van die naby maandkontrakte ondersteun.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R209/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 550/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het tussen 0.5% en 1% laer gesluit vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope verslag was beter as wat die algemene verwagtinge vir die week was.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R29/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 195/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.