On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

#WomensMonth: Ons vier vroue in landbou

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 09 Aug 2021

#WomensMonth: Ons vier vroue in landbou | News Article
FOTO: OFFICEHOLIDAYS.COM

Ter viering van Vrouedag en -maand, gesels OFM-nuus met verskeie vroue wat op een of ander manier betrokke in die landboubedryf is.

Christelle van der Merwe, is ‘n trotse boer se vrou in die Fauresmith-distrik in die Vrystaat. Sy en haar man boer met onder meer dorperskape, sowel as aartappels en uie. 

Haar boodskap aan vroue is: “Ons vroue lewe in ‘n tyd waar ons soveel rolle moet vertolk… Jy’s ‘n ma, jy’s ‘n sielkundige, jy’s die dokter, jy’s die juffrou, jy maak tuin en kos… Vir daai vouens en mammas wat so hard werk en al hierdie rolle vertolk, jy hoef nie perfek te wees nie. Jy hoef nie die perfekte koek te bak nie – daar’s ‘n tannie wat die geld nodig het, gaan ondersteun haar.

“Om ‘n vrou te wees is ‘n wonderlike ding. Ons vrouwees is die gom van hierdie aarde. Ons is die mense wat keer dat alles uitmekaar val. So, embrace dit. Wees trots daarop om ‘n vrou te wees en moet jouself nie afkraak nie. Wees altyd opbouend. Jy hoef nie die mooiste en die slimste te wees nie – want jou vrouwees is ‘n wonderlike ding.”


‘n Dohne marino-boer uit die Sutherland-omgewing in die Noord-Kaap, Nelly van der Walt. Sy boer nou al vir 17 jaar alleen nadat haar man in 2004 op die ouderdom van 42 aan ‘n hartaanval oorlede is. 

Haar boodskap aan vroue is: “Vrouens kan ook ‘n sukses van ‘n boerdery maak soos enige man. Ek voel miskien omdat ‘n vrou meer emosioneel en koesterende eienskappe dra, kan sy ook ‘n sukses maak.

“As jy passievol is oor wat jy doen, jy hard werk en jou uitdagings net tromp-op aanpak, dan behoort jy ook ‘n bydrae te kan maak tot die voedselsekerheid in ons land."


Dr Patricia Froneman, state veterinarian from Frankfort in the Free State, did not grow up on a farm. However, her late father later bought a small farm in Mpumalanga and used to take Froneman and her sister there on weekends and school holidays. And, that is how her love for animals was ignited.

Her message to women is: “My motivational message to other women is not to say be strong, because you already are strong. Rather believe in the strength you have. Let your actions create a legacy that inspires others.

“Be truthful and be fair. Be compassionate and be bold. But most importantly be the best version of yourself.”

 

Tune in on the Agri Hour from Monday to Friday between 05:00 to 06:00 this August to hear from women in Central South Africa as we celebrate women in agriculture.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.