On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 12 Aug 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1% sterker verhandel vir die dag.

Die mark sal vandag se nuutste WASDE-verslag dophou aangesien daar onsekerhede is rakende die verwagte opbrengste in die VSA vir die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R42/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 397/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R46/ton hoër verhandel om teen R3 556/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die Amerikaanse sojaboonmark het onder druk gekom ten spyte van die groot gerapporteerde uitvoerverkope aan China. Die verwagting is ook dat die Amerikaanse opbrengs vir die seisoen laer behoort te wees.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R125/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 885/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

In Rusland is die verwagting nou dat die koringproduksie vir die seisoen laer sal wees as wat aanvanklik verwag is met die opbrengste in groot produksiegebiede wat laer is as wat aanvanklik verwag is.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R87/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 289/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.