Agri Hour
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 13 Aug 2021

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...
Sien onderstaande PODCAST
Vrystaat Landbou veroordeel ten sterkste die moord op vyf gesinslede wat op Saterdag 7 Augustus op die plaas Toekoms in die Harrismith-omgewing in die Vrystaat plaasgevind het. Mgwenika Twala, ’n opkomende boer, asook sy vrou en drie kinders van onderskeidelik 6, 16, en 19 jaar oud, is wreedaardig vermoor. Hulle is verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek. Die organisasie sê in 'n verklaring die gesin is een van verskeie gesinne wat op ‘n plaas woon wat deur die regering in ‘n grondeis aan begunstigdes toegeken is. Die motief vir die moorde is onbekend. Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, versoek intussen alle produsente, insluitend opkomende boere, om deel te vorm van onder meer strukture soos Gemeenskapspolisiëringsforums. Dit, in 'n poging om die misdaadgolf wat landelike gemeenskappe teiken, effektief saam met die polisie aan te spreek.
The South African Weather Services has issued various warnings of extremely cold temperatures, as well as of fire danger conditions in central South Africa. According to Siyabonga Mpati from the weather office in Bloemfontein in the Free State, extreme cold conditions can be expected this weekend and livestock farmers are urged to protect their animals against the cold. Furthermore, the Free State Umbrella Fire Protection Association says that high winds are preceding the cold front, which may cause runaway veld fires and it cautions the public to be careful.
Koos Pienaar, 'n bekende leierboer in die Theunissen-distrik, was 'n man met vele talente en was altyd bereid om mense te help waar hy kan. Só sê Harry Hapton, van die Melkprodusente-organisasie in die Vrystaat, nadat Pienaar Maandagoggend aan Covid-19 verwante komplikasies oorlede is. Hapton voeg verder by dat Pienaar vir meer as 30 jaar deel van die melkbedryf was, nie net in die Vrystaat nie, maar ook in Afrika. Pienaar was veral bekend in georganiseerde landboukringe as voorsitter van die Nasionale Melkprodusentevereniging. Hy was ook bekend as ‘n mentor vir opkomende produsente. Intussen voeg OFM se Pieter Moller by dat Pienaar in sy plaaslike gemeenskap, Theunissen, baanbrekerswerk verrig het om die sakelui, munisipaliteit en ander gemeenskappe te laat saamwerk om ‘n ekonomiese oplewing te bewerkstellig.
EN
Young girls and women who would like to get involved in agriculture need to broaden their scope or vision. This, as agriculture is so much more than what they may think it is. This is the advice that Dr Patricia Froneman, State Veterinarian in Frankfort in the Free State, have for women on Women’s Day. She says that there are many paths within agriculture from where a career can sprout from. Froneman says agriculture will also always be seen as one of the most important sectors, as it is a sector that feeds the world.
OFM News