On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 13 Aug 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het heelwat sterker verhandel vir die dag.

Die ondersteuning in die Amerikaanse mark kan toegeskryf word aan die nuus wat in die maandelikse WASDE-verslag bekend gemaak is. Die opbrengs en produksieskatting vir die VSA is afwaarts aangepas in gister se WASDE-verslag.

Die plaaslike mieliemark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander kontrakte onder druk gekom het.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R5/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 395/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R9/ton laer verhandel om teen R3 548/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister aanvanklik ondersteuning gevind en het sterker verhandel, maar het later onder druk gekom en het byna onveranderd gesluit vir die dag.

Die verwagte Amerikaanse sojaboon-opbrengs vir die seisoen is afwaarts aangepas vanaf die vorige verslag.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R156/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 742/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het tot 3% hoër gesluit vir die dag.

In die nuutste WASDE-verslag word 'n laer koringvoorraad vir die seisoen geskat, wat ondersteunend tot die koringpryse is.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R13/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 299/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.