Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 16 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag gemeng verhandel en het nie groot prysbewegings vir die dag getoon nie.
Die nuutste WASDE-verslag wat verlede week deur die USDA bekend gemaak was, was ondersteunend tot die pryse aangesien die produksie vir die seisoen afwaarts aangepas was in hierdie verslag.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R19/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 413/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R27/ton hoër verhandel om teen R3 575/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning aan die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die sterk vraag na sojabone in China, asook die lae Amerikaanse voorraad.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R84/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 810/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het hoër gesluit vir die dag.
Die Amerikaanse koringmark se ondersteuning kan grootliks toegeskryf word aan laer verwagte produksie in die VSA, asook ander belangrike produserende lande.
Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R66/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 361/ton te sluit.
OFM-nuus
