Agri Hour
Die belangrikheid van plaasversekering─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 16 Aug 2021

Versekering vir landboubesighede is iets wat boere moet oorweeg.
Dit sal produsente help in tye van natuurrampe en met ander onvoorsiene gebeure, om die produsent weer in dieselfde posisie te plaas waar hy was voordat die ramp plaasgevind het.
Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, het meer…
Sien onderstaande PODCAST
Hoekom is dit belangrik dat produsente hulle boerderye verseker?
“ ‘n Boerdery het ‘n absolute besigheid geword en die koste van boerderye het so hoog geword dat daar nog bitter min boere is wat kan bekostig om alles of ‘n deel van sy boerdery te verloor en die verlies self te kan dra of self weer op staan. Die winsmarge wat ‘n boer het, word absoluut bepaal deur die insetkoste so laag moontlikheid te hou en die opbrengs so groot moontlik.
"Die boere doen baie beplanning om hulle risiko te beperk met wat hulle beheer oor het, soos byvoeding om die veld optimaal te benut vir die veeboere en die saaiboere se beplanning met grond-ontleding, voeding, kultivar, gewasse, plantdatums, bespuiting, ens. omrede daar so baie veranderlikes is wat hulle nie oor beheer het nie.
“Die beeld dat versekering net ‘n polis is, moet verander word sodat boere verstaan versekering is ‘n vorm van risikobestuur. Die beginsel van versekering is dat ‘n premie betaal word aan ‘n versekeraar wat dan die risiko namens jou dra indien daar ‘n versekerbare gevaar sou plaasvind.
“Die werklike rol van ‘n makelaar is om saam met die boer om die tafel te sit en al sy risiko’s te bespreek en dan oplossings te bied hoe die risiko’s verseker kan word. Hulle besluit dan saam watter risiko oorgedra word aan die versekeraar en watter self gedra word deur die boer.
“Die belangrikheid van versekering kom dus te werk dat die boere dit kan gebruik vir risikobestuur vir rampe en gevare wat buite hulle beheer is en hulle “besigheid” te beskerm sodat hulle kan voortgaan en bestaan wanneer ‘n versekerbare gevaar plaasvind."
Met alles wat die afgelope jaar in die land plaasgevind het (Covid-19), is plaas-versekering iets wat baie boere nou kies om te kanselleer?
"In my ervaring het die Covid-19 pandemie nie direk ‘n gevolg gehad dat die plaasversekering as sulks gekanselleer word nie omrede boerdery-aktiwiteite kon voortgaan die hele tyd.
"Die groter verlies het plaasgevind as gevolg van die inperkings en reëls wat verhoed het dat die produkte nie gelewer kan word soos die druiwe (wynboere of die boere wat met wild boer) wat afhanklik was van die toerisme- en jagbedryf.
"Wat wel gebeur het, is dat baie boere hulle polisse drasties verlaag het en dekking afgehaal het om op premies te spaar. Dit is heeltemal te verstane hoekom hulle dit sal doen, maar dit stel hulle bloot aan risiko’s wat kan maak dat indien dit sou gebeur hulle gedek sou wees, maar nou alles kan verloor omrede hulle die risiko terug op hulle geneem het."
Watter verskillende soorte versekeringsopsies is daar vir boere?
"Dit is ‘n baie breë vraag wat ‘n gesprek op sy eie is, maar ek gaan dit probeer in kort opsom.
"Daar is klomp versekeraars wat baie innoverende produkte ontwikkel het wat gefokus is op elke spesifieke landboubedryf.
"Die bategedeeltes kan verseker word op verskillende maniere soos wat die bate dekking benodig, maar die boerdery spesifiek is daar bv. oesversekering vir die verskillende gewasse (graan, neute, groente en vrugte), veedekking wat klomp gevare dek (kan in detail ingaan), melkeryversekering, aanspreeklikheidsdekking vir die risiko wat boerdery het teen derde partye, wilddekking en so kan die lys aangaan."
OFM-nuus