On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

'Vrouebemagtiging begin by jouself'

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 16 Aug 2021

'Vrouebemagtiging begin by jouself' | News Article
FOTO: Diana Steenkamp

Die bemagtiging van vroue in Suid-Afrika moet by jouself begin, nie by ander mense nie.

Dit is volgens Tadcaster Trading Post se Diana Steenkamp, wat met OFM-nuus gesels het oor haar ervaring om ‘n suksesvolle familieonderneming in Sentraal-Suid-Afrika te bestuur.

Sien onderstaande PODCAST

Tadcaster Trading Post, geleë in die hartjie van die Vaalharts-besproeiingskema, is ‘n verskaffer van veevoer soos lusern, teff en hawer.

Maar, dit was nie maklik aan die begin om die besigheid gevestig te kry nie. Dit, aangesien meeste mense wat hierdie tipe besighede aangepak het, ‘n agtergrond in korporasies het en kennis van veevoer-produkte en -markte het.

Steenkamp was voorheen deel van die regsindustrie. “So, [ons] moes maar van deur tot deur klop en mense gaan sien het… Dit was baie harde werk aan die begin.”

Dit het Steenkamp sowat 10 jaar gevat om vir haarself ‘n plek in die veevoer-mark te verseker.

“Ek glo bemagtiging begin by jouself en in jouself. Ek dink nie die regering kan werklik dit vir jou gee nie – hulle kan wel vir jou middele skep om jou te help om dit te bereik. Maar ek dink ons Suid-Afrikaanse vrouens is ystervrouens en ek dink ons is redelik bemagtig,” sê Steenkamp verder.

Haar advies aan medevroue - en die sake-les wat sy oor die jare geleer het - is dat alles met tyd in plek val en om geduldig te wees. “As jy daardie beginsel het, dan glo ek jy sal nie onnodige foute maak nie”.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.