Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 17 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksie-verslag wat gister bekend gemaak is, was nader aan die onderkant van die weeklikse handelsverwagtinge.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R68/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 345/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R60/ton laer verhandel om teen R3 515/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksie-verslag het aangedui dat die weeklikse Amerikaanse sojaboon-uitvoer meer as verdubbel het vanaf die vorige week se uitvoer en dit was nader aan die bopunt van die weeklikse handelsverwagtinge.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R45/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 855/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het hoofsaaklik onder druk gekom aan die einde van die sessie om laer te sluit vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksie-verslag was goed in lyn met die gemiddelde handelsverwagtinge vir die week.
Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R14/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 347/ton te sluit.
OFM-nuus
