Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 18 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 62% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 62% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se skatting van 64% laer as die vorige jaar se 69% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal gemeng verhandel met meeste van die witmieliekontrakte wat onder druk gekom het, terwyl die geelmieliekontrakte ondersteuning gevind het.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 onveranderd teen R3 354/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R11/ton hoër verhandel om teen R3 530/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 57% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 57% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se skatting van 60% laer as die vorige jaar se 72% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R75/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 924/ton te sluit.
Koring:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 11% van die Amerikaanse lentekoring in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 11% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting en aansienlik swakker as die vorige jaar se 70% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember2021, R27/ton hoër verhandel om teen R5 379/ton te sluit.
OFM-nuus
