On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

InteliGro en VKB maak nuwe seisoen se kommersiële aanbiedinge bekend

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 18 Aug 2021

InteliGro en VKB maak nuwe seisoen se kommersiële aanbiedinge bekend  | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

‘n Kragspan, wat bestaan uit lede van InteliGro, sowel as VKB, het onlangs tydens ‘n aanlyn-inligtingsessie die 2021/22-seisoen se aanbiedinge bekendgestel.

Johan Nienaber, van InteliGro sê dié samewerking het ten doel om die volhoubaarheid van produsente te verseker. 

Sien onderstaande PODCAST

“Ons filosofie is ‘alles begin op die plaas’ en daarom het ons ná afloop van die vorige seisoen met ons boere gaan gesels om te bepaal wat ons nog beter kan doen om aan hulle spesifieke behoeftes te voldoen,” sê Nienaber in ‘n verklaring.

Hy vertel dat hulle met verskeie produsente in kontak getree het vir terugvoering oor die voordele wat hulle uit die kragspan getrek het.

Nienaber noem dat produsente soos  “Junior Ferreira van die Bethlehem-distrik, en Steve Terblanche en Jaco de Villiers, wat albei naby Reitz boer, sê dat die kombinasie van koste-effektiewe oplossings, uitgestelde betalings, kortings en tegniese kundigheid, wat elke dag tot produsente se beskikking is, positiewe toevoegings tot hul boerderye is.”

Volgens Nienaber het InteliGro en VKB reeds in November 2017 begin om koppe bymekaar te sit om te kyk na maniere om albei die landboubesighede se kragte en sterk punte te gebruik om die volhoubaarheid van produsente as topprioriteit te stel.

Die 2021/22-aanbieding is nou ook na Limpopo uitgebrei en sluit gewasoplossings vir aartappels in. Nienaber voeg by dat produsente verskeie voordele uit die nuwe seisoen se aanbiedinge kan verwag.

VKB en InteliGro beplan ook om ander landbou-uitdagings soos voedselsekerheid aan te spreek.

“Slegs deur saam te werk, kan ons ‘n toekoms bou wat gekenmerk kan word aan volhoubaarheid en voedselsekuriteit. Die kragspan se passie bly om onsself konstant te belyn met ons produsente se behoeftes.”

Om meer inligting te kry oor InteliGro/VKB se kommersiële aanbieding, word produsente aangeraai om kontak te maak met hulle naaste VKB-takbestuurder of InteliGro Gewas-oplossingspesialis in jou area. Die kommersiële aanbieding is ook elektronies beskikbaar op InteliGro en VKB se webtuistes - besoek gerus www.inteligro.co.za of www.vkb.co.za vir meer hieroor.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.