Agri Hour
SA wolmark toon verbetering─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 20 Aug 2021
Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek ‘n verbetering getoon.
Dit, ten spyte van die verswakking in die Australiese wolmark. Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê 'n bydraende faktor tot die verbetering, is die effense verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.
Sien onderstaande PODCAST
Victor voeg verder by dat daar ‘n verwagting is dat die wolmark op die kort termyn sywaarts sal beweeg, “mits die Rand teen die huidige vlakke bly verhandel”.
Hy deel dat die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, 4,4% hoër is in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 1 September 2021.
OFM-nuus
