Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 20 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark is onder druk met die versterking van die Amerikaanse doller en die laer energiepryse.
Volgens die nuutste inligting was die Amerikaanse etanolproduksie vir die 4de agtereenvolgende week laer gewees.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R1/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 292/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R14/ton hoër verhandel om teen R3 568/ton te sluit.
Sojabone:
Die sterker dollar en die laer energiepryse het ook 'n negatiewe impak op die Amerikaanse sojaboonmark gehad wat die pryse onder druk plaas.
Daar is steeds 'n sterk vraag na Amerikaanse sojabone, met China, asook 'n onbekende bestemming wat groot aankope hierdie week aan die USDA gerapporteer het.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R71/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 980/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark is ook onder druk en word grootliks beïnvloed deur die sterker Amerikaanse dollar.
Die Amerikaanse koringuitvoere is tans laer weens die swakker lentekoring oes ten spyte van die feit dat dit oor die algemeen nou groot uitvoermaande van koring is.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R104/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 454/ton te sluit.
OFM-nuus
