Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 23 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het meer as 2% laer gesluit vir die dag.
Die weervoorspelling in die VSA lyk positief vir die volgende twee weke en dit het bygedra tot die druk op die Amerikaanse mieliemark.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R9/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 385/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R7/ton laer verhandel om teen R3 565/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het ook Vrydag skerp onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die verwagte meer gunstige weerstoestande vir die volgende twee weke het ook bygedra tot die druk op die Amerikaanse sojaboonmark.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R51/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 030/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die druk op die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel-effek vanaf ander kommoditeite.
Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R57/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 500/ton te sluit.
OFM-nuus
