Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 24 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksieverslag wat gister bekend gemaak is, het aangetoon dat die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week 7% laer as die vorige week se uitvoerverkope was.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R76/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 309/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R76/ton laer verhandel om teen R3 489/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het ook gister aanvanklik sterker verhandel, maar het weer onder druk gekom nader aan die einde van die sessie. Die mark het egter steeds sterker gesluit vir die dag.
Die Amerikaanse uitvoerinspeksies vir die week was laer as die vorige week, maar goed in lyn met die algemene verwagtinge in die mark.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R120/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 910/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksies was hoër as die vorige week se uitvoer en het bygedra tot die ondersteuning in die Amerikaanse mark.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R18/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 518/ton te sluit.
OFM-nuus
