On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Gebruik van antibiotika in veeboerdery kan styg

───   05:00 Tue, 24 Aug 2021

Gebruik van antibiotika in veeboerdery kan styg | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

Die gebruik van antibiotika het ‘n rewolusionêre uitwerking op veeboerdery gehad en gehelp om die verspreiding van siektes onder diere wat in beknopte toestande aangehou word, te beperk.

Maar dit kom teen ‘n potensiële dodelike prys vir menslike gesondheid. 

Sien onderstaande PODCAST

Volgens 'n artikel in die Rooivleisprodusente-organisasie se Augustus nuusbrief,  kan die wydverspreide gebruik van antibiotika in diere lei tot die evolusie van middel-weerstandige supergoggas wat dodelik vir mense kan wees.

Deskundiges waarsku nou dat die model van intensiewe landbou wat in die wêreld se ryker lande toegepas word en op die roetine-gebruik van medikasie staatmaak, al meer in lande aangeneem word waar die gesondheidsorg en sanitêre stelsels baie swakker is.

Daar word beraam dat die aanvaarding van intensiewe boerderypraktyke in middel-inkomste lande tot soveel as ‘n derde van die globale gebruik van antibiotika vir lewendehawe tussen 2010 en 2030 sal beslaan. Die gebruik van antibiotiese gebruik in plaasdiere sal na verwagting in dié periode in Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika verdubbel.

Die globale toename in die gebruik van antibiotika deur sowel mense as diere word oor die algemeen deur lae- en middel-inkomste lande gedryf. Langtermyn-tendense toon dat antibiotika-gebruik die meeste afneem in ryk lande waar regulasies verskerp word, terwyl dit die hoogte inskiet in baie lae- en middel-inkomste lande.

Die mense in dié lande se behoefte aan antibiotika is hoër weens die las van siektes wat deur swak sanitasie en laer inentingskoerse teen roetine-siektes veroorsaak word. In baie lae- en middel-inkomste lande is daar geen infrastruktuur vir die voorsiening van skoon water nie, wat toelaat dat middel-weerstandige bakterieë wat deur die gebruik van antibiotika op plase ontwikkel, maklik van diere na mense versprei.

Die sirkelvormige oordrag tussen diere en mense in gevalle waar die gebruik van antibiotika hoog is, lei tot die evolusie en verspreding van dié weerstandige bakterieë.

Antibiotiese weerstandigheid is reeds een van die grootste bedreigings vir menslike gesondheid en het wêreldwyd al tot die dood van 700 000 mense gelei.



RPO


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.