On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 25 Aug 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 60% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 60% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se skatting van 62% en laer as die vorige jaar se 64% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021, R14/ton laer verhandel om teen R3 299/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R13/ton laer verhandel om teen R3 480/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 56% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 56% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is swakker as die vorige week se skatting van 57% en laer as die vorige jaar se 71% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R90/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 824/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 77% van die Amerikaanse lentekoring reeds gestroop.

Die 77% wat reeds gestroop is, is meer as die vorige seisoen se 58% voltooi en ook meer as die 5 jaar gemiddeld van 55% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R29/ton laer verhandel om teen R5 490/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.