Agri Hour
Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse─── 05:00 Thu, 26 Aug 2021
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings.
Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Sien onderstaande PODCAST
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,30 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,41 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,50 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste R27,59 per kg
B-klas beeste R23,35 per kg
C-klas vet koeie R22,48 per kg
Maer koeie Wissel van R18,00 na R21,25 per kg
Slagbulle R24,44 per kg
Skape
Stoorlammers R46,04 per kg
Slaglammers R42,35 per kg
Stoorskape R34,43 per kg
Vetskape R32,14 per kg
Bokke
Lammers R55,45 per kg
Ooie R40,66 per kg
Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.
OFM-nuus
