Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 26 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het 1% sterker verhandel vir die dag.
Die handelaars hou steeds grootliks die verwagte opbrengste asook die produksietoestande dop. Die produksietoestande vir die week was laer as die vorige week se toestande.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R23/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 278/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R13/ton laer verhandel om teen R3 465/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister gemeng verhandel met die naby maandkontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl die verder maandkontakte onder druk gekom het.
Die weertoestande in die VSA is tans die grootste dryfveer agter die prysrigting van Amerikaanse sojabone en die mark sal hierdie verwikkelinge fyn dophou.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R34/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 870/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
In Duitsland is die verwagting dat die seisoen se koringproduksie ongeveer 3.6% laer behoort te wees as die vorige seisoen se produksie.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R40/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 450/ton te sluit.
OFM-nuus
