Agri Hour
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 27 Aug 2021
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...
Sien onderstaande PODCAST
Altesaam 181 aanvalle op plase en kleinhoewes het in die tweede kwartaal van hierdie jaar plaasgevind. Minister van Polisie, Bheki Cele, het dit bekend gemaak toe hy die misdaadstatistieke vir die tydperk van April tot einde Junie 2021 aangekondig het. Hy het bygevoeg dat 119 van die voorvalle wat aangeteken is, verband hou met roof, wat tot 15 moorde gelei het. OFM-nuus het intussen oor verskeie plaasaanvalle en -moorde in sentraal Suid-Afrika berig. Die mees onlangse plaasmoorde het in Augustus op die plaas Toekoms buite Harrismith plaasgevind. Vyf gesinslede is in hulle huis vermoor. Die polisie is steeds op soek na verdagtes in verband met dié moorde. In 'n ander plaasaanval, wat ook buite Harrismith plaasgevind het, is vyf verdagtes in onderskeidelik Harrismith in die Vrystaat en Ladysmith in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle 'n 54-jarige boer aangeval het.
Over the last two years, a number of new records have been set for the highest prices ever paid for registered bulls from different breeds at auctions. According to Denene Erasmus, editor of Farmer's Weekly, in July this year a Beefmaster stud bull from Bos Blanco in Kroonstad in the Free State, sold for a record price of R1,1 million. This, while last year a Boran bull sold for a record price of R1,7 million. Erasmus adds that these higher prices were closely correlated with the increase in weaner prices.
Geen ernstige dieresiektes van ekonomiese belang is die afgelope vier jaar in die Noord-Kaap aangeteken nie. Dit is volgens die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, in 'n antwoord op 'n skriftelike vraag van die DA se Noko Masipa. Die minister het bygevoeg dat die Noord-Kaap bogemiddelde reënval ontvang het, wat die uitbroei van muskiete bevoordeel het en onder meer verantwoordelik is vir die oordrag van siektes, soos slenkdalkoors en bloutong. Maar die provinsiale LUR vir landbou, Mase Manopole, het 'n bewusmakingsveldtog van stapel gestuur en boere gewaarsku om hul beeste, skape en bokke teen slenkdalkoors in te ent voor Maart en April, wanneer die meeste muskiete voorkom. Daarbenewens is skaapbrandsiekte aangemeld in gebiede waar skaapboerdery algemeen is. Skaapbrandsiekte kom tradisioneel die meeste in die tweede en derde kwartaal van die jaar voor en 2020 was geen uitsondering nie.
EN
The planting season for South Africa’s 2021/22 summer grains and oilseeds begins in October. While the weather outlook is favourable with prospects of a weak La Niña, which should bring above-normal rainfall, there are concerns about the rising input costs. According to Wandile Sihlobo, chief economist at the Agricultural Business Chamber of South Africa (Agbiz), the additional costs to farmers and agribusiness are the higher fuel prices. He adds that the preliminary estimates from the Central Energy Fund suggest that petrol and diesel prices could decrease by 5 cents per litre and 22 cents per litre respectively, on the 1st of September. This adjustment means the retail price of petrol could marginally fall to R18,25 per litre from the current level of R18,30 per litre. Simultaneously, the wholesale diesel price could decline to R15,42 per litre from R15,64 per litre in September. Sihlobo says these will still be relatively higher levels.
OFM-nuus
