Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 27 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope verslag het aangetoon dat die weeklikse uitvoerverkope laer was as wat aanvanklik verwag is.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R20/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 306/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R26/ton hoër verhandel om teen R3 492/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister gemeng verhandel met die naby maandkontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl die goeie vooruitsigte van reën die verder maandkontakte onder druk geplaas het.
Die weeklikse uitvoerverkope verslag het aangetoon dat die weeklikse Amerikaanse sojaboon-uitvoer nader aan die bokant van die weeklikse handelsverwagtinge was.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R47/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 900/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het hoofsaaklik sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope was ongeveer 67% laer as die vorige 4 weke se gemiddelde uitvoerverkope.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R64/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 519/ton te sluit.
