Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 30 Aug 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die mark kan grootliks toegeskryf word aan optimisme rakende uitvoer, met private uitvoerders wat verskeie uitvoerverkope aan die USDA gerapporteer het.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021, R35/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 271/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R40/ton laer verhandel om teen R3 451/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
Die druk op die Amerikaanse sojaboonmark kan grootliks toegeskryf word aan beter as verwagte weerstoestande.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R56/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 844/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel met die winterkoringmarkte wat onder druk was, terwyl die lentekoringmark ondersteuning gevind het.
Die verwagting is dat Rusland se koringuitvoer vir die seisoen 8.6% laer behoort te wees as wat aanvanklik verwag is.
Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl ander hoër verhandel het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R14/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 496/ton te sluit.
OFM-nuus
